Spesiale stemme is beskikbaar voor die verkiesing
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 4
- 1 min read
Kiesers wat aan die vereistes voldoen, sal voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November van spesiale stemme gebruik kan maak.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê kiesers wat betyds aansoek doen, sal een of twee dae voor die verkiesing hul stem kan uitbring.
Huisbesoeke sal ook gereël word vir gestremde, siek of hoogswanger kiesers wat nie by 'n stemlokaal kan uitkom nie.
Kiesers wat in hospitale buite hul stemdistrik opgeneem is, kwalifiseer egter nie vir spesiale stemme nie.








Comments