top of page

Spesifieke belastingbetalers kan vir ‘n bykomende mediese belastingkrediet kwalifiseer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 19
  • 1 min read

Belastingbetalers met beduidende persoonlike mediese uitgawes kan kwalifiseer vir ‘n bykomende mediese belastingkrediet.

Volgens Tax Consulting South Africa sal ‘n artikel van die Inkomstebelastingwet dit moontlik maak, waardeur die belastinglas verlaag word.

Die artikel maak voorsiening vir ‘n bykomende mediese belastingkrediet indien ‘n belastingbetaler ondersteunende dokumentasie aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens voorlê.

Die dokumente sluit in belastingfakture, gedetailleerde skedules en mediese skema-belastingsertifikate wat deur mediesefondsadministrateurs uitgereik word.

 
 
 

Comments


bottom of page