top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Spesifieke bondels gesondheidsdrankie is herroep

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het kleinhandelaars aangespoor om ‘n gewilde gesondheidsdrankie van die rakke te verwyder om potensiële skade aan verbruikers te voorkom.


Spesifieke bondels van die een-liter Six percent Slimsy Pomegranate Squash Concentrate word herroep. Die herroeping raak meer as 17-duisend-300 eenhede, wat die beste voor-datum van 14 Oktober 2026 het.


Die drankie se bottels kan ‘n defek hê wat veroorsaak dat hulle swel en bars, wat tot voedselgedraagde siektes kan lei indien dit ingesluk word. Die NVK sê verbruikers wat die betrokke produkte gekoop het, moet die items onmiddellik na die aankooppunt terugbesorg vir ‘n volle terugbetaling.


Six percent Slimsy Pomegranate. FOTO: Facebook
Six percent Slimsy Pomegranate. FOTO: Facebook


 
 
 

Comments


bottom of page