top of page

Spookwerkers en tronkvoëls het al oortydbetaling in Mangaung gekry

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 26, 2025
  • 1 min read

Benewens spookwerkers het selfs mense wat in die tronk was al oortydbetaling van die Mangaung-metro gekry.

Dit is onthul deur die munisipale bestuurder, Sello More, by 'n gesamentlike sitting van die provinsiale regering en die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta).

More sê dié inligting is aan wetstoepassingsagentskappe oorhandig.

Volksblad berig die Mangaung-metro het onvoldoende stawende dokumente oor oortydbetaling, aangesien die begroting oorskry is.

Vrae oor wie afteken op die eise vir oortyd en of diegene wat hiervoor verantwoordelik is, aanspreeklik gehou word, het nie klinkklare antwoorde gekry nie. Die burgemeester, Gregory Nthatisi, sê verskeie mense is wel hiervoor aanspreeklik gehou en sommige is aan dissiplinêre prosesse onderwerp.

 
 
 

Comments


bottom of page