Spookwerkers nou gevestigde deel van staatsinstellings
- Armando Pieters

- Jul 1
- 1 min read
Spookwerkers is nie meer die uitsondering nie, dit het nou ʼn gevestigde deel van die kultuur van bedrog in staatsinstellings geword.
Dit volgens ‘n woordvoerder van die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA), Reuben Maleka.
Volgens die PSA is Suid-Afrika op ʼn gevaarlike pad van finansiële verval weens die ineenstorting van munisipaliteite en staatsbeheerde ondernemings (SBO’s), én die regering se onvermoë – en selfs onwilligheid – om die krisis behoorlik te pak.
Maroela Media berig die Reserwebank se jongste verslag oor finansiële stabiliteit bevestig die staat se skuldlas is buite beheer, en die regering se strukture faal op elke moontlike vlak.
Maleka sê ʼn enorme krisis staar Suid-Afrika in die gesig in die vorm van doelbewuste sabotasie van openbare strukture deur die aanstelling van onbevoegde raadslede en senior bestuurders.





Comments