top of page

Spookwerkers verskyn in die hof vir salarisbedrog

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 16, 2025
  • 1 min read

Verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle spookwerkers op ‘n Vrystaatse munisipaliteit se betaalstaat is, het voor die Bethlehem Landdroshof op aanklagte van bedrog en korrupsie verskyn. Vrystaat Kroon berig die twee word daarvan beskuldig dat hulle maandelikse salarisse van R10 000 van die munisipaliteit ontvang het, sonder om ooit 'n voet in die munisipale kantore te sit of enige werkspligte uit te voer. Hulle inhegtenisname volg na ‘n vier-jaar lange ondersoek deur die Valke. Die twee verdagtes is elk borgtog van R5 000 elk toegestaan en hul saak is tot 14 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.

 
 
 

Comments


bottom of page