top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Springbok kaptein, Siya, en Rachel se paaie skei

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 23, 2024
1 min read

Springbok-kaptein Siya Kolisi en sy vrou Rachel se paaie sal na 8 jaar skei. Hulle het op sosiale media gesê ná baie nadenke en oop gesprekke het hulle wedersyds besluit om hul huwelik te beëindig. Die besluit kom volgens hulle uit 'n plek van liefde, respek en begrip dat dit die beste pad vorentoe vir hul albei is. Hulle sê ook alhoewel hul verhouding as ‘n paartjie verander, hulle steeds saam aan die Kolisi Foundation sal werk. Die organisasie is in 2020 gestig en help gemeenskappe floreer. Met dié organisasie beoog hulle om sistemiese verandering teweeg te bring deur veilige ruimtes deur middel van sport en opvoeding te skep, geslagsgebaseerde geweld aan te spreek, en tot voedselsekerheid by te dra

 
 
 

Comments


bottom of page