St Andrews daag ander skole uit om te help
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 hours ago
- 1 min read
St Andrew's Skool in Bloemfontein daag skole regoor die Vrystaat uit om New Beginnings Animal Rescue te ondersteun - nadat die organisasie onlangs bedrywighede moes opskort weens 'n gebrek aan fondse.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat die organisasie nie meer genoeg geld het om onder meer kos, medikasie en veeartsrekeninge te betaal nie.
In 'n video op sosiale media het die skoolhoof, Roland Rudd, saam met Natalie van New Beginnings en die reddingshonde Ru en Athena, skole uitgedaag om kos, komberse of finansiële bydraes in te samel.
Volgens Natalie het die organisasie steeds talle diere wat hulp nodig het, maar reddingsaksies is voorlopig opgeskort.








Comments