top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Staat wil wéér Vrystaatse regeringsampenare verhoor

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 8, 2025
1 min read

Die staat wil 'n nuwe verhoor vir senior Vrystaatse regeringsamptenare en Gupta-genote hê. eNCA berig hulle is in 2023 deur die hooggeregshof in Bloemfontein onskuldig aan aanklagte van bedrog en geldwassery bevind, maar die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie sien dit anders. Hulle voer aan die verhoorhof het in dié saak die wet verkeerd toegepas, wat die toekenning van 'n kontrak van R25 miljoen deur die Vrystaatse Landboudepartement in 2012, behels. Respondente Peter Thabethe, Limakatso Moorosi en Seipati Dhlamini, was senior amptenare in die Vrystaatse landbou- en grondhervormingsdepartemente, terwyl ander respondente Gupta-medewerkers asook ‘n direkteur van 'n maatskappy wat voorheen deur die Gupta-broers besit is insluit.  

 
 
 

Comments


bottom of page