top of page

Staatsamptenare sal nou staatsbefondsde regsverteenwoordiging ontvang

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 14
  • 1 min read

Die kabinet het ingestem om ‘n regeringsbeleid te verander wat staatsamptenare sal toelaat om staatsbefondsde regsverteenwoordiging te ontvang wanneer hulle voor kommissies van ondersoek en geregtelike prosedures verskyn.


By verskeie geleenthede het getuies geweier om voor ondersoeke te verskyn omdat hulle nie hul eie regsverteenwoordiging kan bekostig nie.


Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het egter aangekondig dat indien die persoon skuldig bevind word, hulle die staat sal moet terugbetaal.


Dit sal van toepassing wees op huidige en voormalige werknemers, lede van die regbank en lede van die uitvoerende gesag.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page