Staatsrede: Ekonomiese groei boaan regering se agenda
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 7, 2025
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het die sleutelprioriteite van die regering van nasionale eenheid in sy staatsrede uiteengesit, met ekonomiese groei en werkskepping boaan daardie agenda. Primedia berig Ramaphosa het gesê sy regering wil met massiewe beleggings die land se ekonomiese groei bo drie persent te verhoog. Die regering beplan om in die volgende drie jaar R940 miljard aan infrastruktuur te bestee. Ramaphosa het in sy negende staatsrede probeer om partye te verenig agter sy visie wat armoede en ongelykheid in die land sal verminder. Hy het by politieke partye gepleit om 'n massiewe infrastruktuur-geleide groeiplan te ondersteun. Dit sal insluit om plaaslike en internasionale finansiële instellings te betrek om R100 miljard aan infrastruktuurfinansiering beskikbaar te maak.







Comments