top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Statistieke SA verkeer in ’n krisis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 15, 2024
  • 1 min read

Werknemers van alle vlakke verlaat Statistieke SA in groot getalle. The Citizen berig hierdie departement, wat verantwoordelik is vir demografiese en ekonomiese verslaggewing, staar ernstige begrotingsbesnoeiings in die gesig ná ’n 2022-sensus wat in die algemeen as ’n mislukking beskou word. Adjunkminister Kenneth Morolong kon nie spesifieke redes vir die personeeluitvloei gee nie, maar het beklemtoon dat die begrotingsbesnoeiings ernstige gevolge het vir Statistieke SA se vermoë om meer as 1 250 sosiale, ekonomiese en bevolkingsverslae te lewer. In Julie het Statistieke SA volgehou dat dataversamelstandaarde gehandhaaf is, ondanks onreëlmatighede wat deur die Universiteit van Kaapstad in die sensusdata uitgewys is. Later het Statistieke SA egter erken die data is gebrekkig en nie geskik vir amptelike gebruik nie.

 
 
 

Comments


bottom of page