top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Statistieke Suid-Afrika trek swaar

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 3, 2025
  • 1 min read

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, kan moontlik later hierdie maand onder druk wees om Statistieke Suid-Afrika uit ’n ernstige geldkrisis te red.


Dit wanneer hy die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring voorlê.


Statistieke Suid-Afrika se jongste jaarverslag toon dat ’n tekort aan befondsing en hoë vakaturekoerse die gehalte van nasionale data bedreig.


Die organisasie sê dit sukkel met verouderde IT-stelsels, personeeltekorte en vertragings in opnames soos dié oor BBP en inflasie.


Die instelling het by die Tesourie gepleit vir dringende befondsing om kritieke poste te vul en hul bedrywighede te moderniseer.


Enoch Godongwana. FOTO: Bloomberg
Enoch Godongwana. FOTO: Bloomberg

 
 
 

Comments


bottom of page