top of page

Statisties oortref dogtertjies die seuntjies op die eerste dag van die 2025

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jan 2
  • 1 min read

Meer dogtertjies is op Nuwejaarsdag 2025 gebore as seuntjies. Volgens die Vrystaat se Departement van Gesondheid is ’n totaal van 85 babas in die provinsie se hospitale gebore. Van hulle was 52 dogtertjies en 33 seuntjies. Die eerste baba, ’n dogtertjie, is om 00:01 in Trompsburg gebore, en die laaste baba, ook ’n dogtertjie, is om 23:30 in Winburg gebore. The Citizen berig dat Gauteng meer as 200 nuutgeboortes gehad het, maar die LUR vir Gesondheid in die Oos-Kaap, Ntandokazi Capa, het haar skok uitgespreek oor die jongste ma wat slegs 12 jaar oud is, terwyl die pa 17 jaar oud is. Volgens News24 se statistieke is byna 1450 babas op Nuwejaarsdag gebore, waarvan byna 51% dogtertjies is.

Provinsie

Seuntjies

Dogtertjies

Totaal

Gauteng

195

192

387

Oos-Kaap

106

113

219

Limpopo

104

87

191

Kwazulu-Natal

72

113

185

Mpumalanga

78

76

154

Vrystaat

33

52

85

Noord-Wes

49

40

89

Noord-Kaap

18

19

37

Wes-Kaap

58

43

101


713

735

1448


49,24%

50,76%


 
 
 

Comments


bottom of page