Stats SA verdedig werkloosheidsyfermetodologie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 12, 2025
- 1 min read
Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) het die metodologie wat gebruik word om die werkloosheidsyfer te bereken verdedig.
Dit volg nadat die uitvoerende hoof van Capitec Bank, Gerrie Fourie, verklaar het die werkloosheidsyfer in die land is laer as wat die statistiekagentskap sê.
Volgens Fourie is die werkloosheidsyfer nader aan 10 persent, en nie die amptelike 32,9 persent nie.
Hy sê dit sou die korrekte statistiek wees as persone wat hulself in diens het, en diegene wat in die informele markte werk, getel word.
Statistieke Suid-Afrika sê dit is verkeerd om te suggereer dat mense wat in die informele sektor werk, nie in die werkloosheid getel word nie.







Comments