Steeds geen aanduiding van nuwe SA ambassadeur in VSA
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 13, 2025
- 1 min read
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê daar is nog nie ʼn nuwe Suid-Afrikaanse ambassadeur in Amerika aangestel nie omdat die aanstelling deeglik oorweeg moet word. Hy sê dit is belangrik dat die persoon wat aangestel word die huidige kompleksiteit in die bilaterale betrekkinge kan navigeer. Suid-Afrika het tans nie ʼn ambassadeur in die VSA nie nadat president Donald Trump se administrasie vir Ebrahim Rasool in Maart uit die land geskop het. Lamola het nie aangedui wanneer ʼn aanstelling verwag kan word nie.







Comments