top of page

Steengroef-verdrinking: Benjamin se liggaam is gevind

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 23, 2025
  • 1 min read

Updated: Oct 24, 2025


Die liggaam van Benjamin van Wyk, wat verlede week in die berugte Witherow-steengroef buite Heidedal, verdrink het, is gevind.


Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sal ‘n nadoodse ondersoek bepaal wat die presiese oorsaak van sy dood was.


Van Wyk het saam met vriende in die groef geswem toe hy onder die water verdwyn het.


Sy vriende het hom probeer red maar kom nie by hom uitkom nie.


Die soektog het verlede week begin en is met die hulp van die polisie se duikeenheid, private veiligheidsmaatskappye en hommeltuie voortgesit.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page