Steenhuisen doen ‘n beroep op dringende aksie oor voedselsekerheid
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 30
- 1 min read
Die minister van landbou, John Steenhuisen, doen ‘n beroep op die versnelling van streeksamewerking oor voedselsekerheid en kunsmisregulering.
Steenhuisen het ‘n gesamentlike vergadering van ministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (Saog) in Zimbabwe toegespreek.
Hy waarsku dat gefragmenteerde landboustelsels en vertraagde hervormings die kwesbaarheid van Suider-Afrikaanse lande vir globale skokke verhoog. Hy sê ontwrigtings in die voorsieningsketting, stygende kunsmispryse en inflasionêre druk beïnvloed Afrika se landbou- en voedselstelsels.
Steenhuisen sê ongeveer 58-miljoen mense in Soag-lidlande staar steeds akute voedselonsekerheid in die gesig as gevolg van probleme rondom toegang en bekostigbaarheid.








Comments