Steenhuisen doen ‘n beroep op dringende aksie oor voedselsekerheid

Die minister van landbou, John Steenhuisen, doen ‘n beroep op die versnelling van streeksamewerking oor voedselsekerheid en kunsmisregulering.
Steenhuisen het ‘n gesamentlike vergadering van ministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (Saog) in Zimbabwe toegespreek.
Hy waarsku dat gefragmenteerde landboustelsels en vertraagde hervormings die kwesbaarheid van Suider-Afrikaanse lande vir globale skokke verhoog. Hy sê ontwrigtings in die voorsieningsketting, stygende kunsmispryse en inflasionêre druk beïnvloed Afrika se landbou- en voedselstelsels.
Steenhuisen sê ongeveer 58-miljoen mense in Soag-lidlande staar steeds akute voedselonsekerheid in die gesig as gevolg van probleme rondom toegang en bekostigbaarheid.









Comments