top of page

Steenhuisen het nie partyfondse misbruik nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 13
  • 1 min read

Die DA het hul leier, John Steenhuisen, vrygespreek van oortreding ná bewerings van misbruik van partyfondse.


Die party se voorsitter van die finansiële komitee, Dion George, het Steenhuisen aangekla vir die beweerde misbruik van die party se kredietkaart en die gebruik daarvan vir sy persoonlike voordeel.


Volgens die party se voorlopige ondersoekverslag is die uitgawes op die kaart volledig versoen, en daar was geen prima facie-bewyse van wanbesteding nie.


Die DA sê die beperkte aantal persoonlike uitgawes is voldoende verduidelik en terugbetaal.


Daar is deur die party se Federale Uitvoerende Komitee aanbeveel dat die beleid oor die gebruik van partykredietkaarte deur die Federale Finansiële Komitee versterk word.


John Steenhuisen. FOTO: Facebook
John Steenhuisen. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page