Steenhuisen is amptelik nie meer landbouminister nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 30
- 1 min read
John Steenhuisen is amptelik nie meer Suid-Afrika se minister van landbou nie.
SABC News berig president Cyril Ramaphosa het die verandering goedgekeur nadat die DA se federale leier, Geordin Hill-Lewis, verskeie wysigings aan die party se kabinetsverteenwoordiging aangevra het.
Willie Aucamp is as die nuwe minister van landbou aangestel, terwyl Steenhuisen voortaan as adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging sal dien.
Ramaphosa het ook verskeie ander veranderinge aan sy uitvoerende gesag aangekondig, waaronder die aanstelling van David Maynier as minister van bosbou, visserye en die omgewing, asook Dina Pule as minister van maatskaplike ontwikkeling.








Comments