Steenhuisen stel eksterne adviseurs aan
- Saamgestel deur Jana Roos

- Apr 18
- 1 min read
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het 27 eksterne tegniese adviseurs aangestel om te help met die bespoediging van landbouregistrasies.
Die departement is verantwoordelik vir die toesig dat landbou-insette soos kunsmis, dierevoer, plaagdoders, veemiddels en landboumiddels effektief is en minimale risiko vir menslike gesondheid inhou. Die departement sê die adviseurs sal help om tegniese data te evalueer om te verseker dat alle produkte aan veiligheids- en gehaltestandaarde voldoen.
Adviseurs word vir drie jaar aangestel, met ‘n moontlike verlenging van twee jaar.








Comments