top of page

BKS: Steenhuisen sê regsaksies ‘ontspoor’ die inentingsplan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 7 days ago
  • 1 min read

‘n Regsbrief waarin organisasies met regsoptrede dreig en eis dat boere toegelaat word om entstof privaat toe te dien kan volgens die minister van landbou, John Steenhuisen, die inentingsplan teen bek-en-klouseer (BKS) ‘ontspoor’.  


Landbouweekblad berig Steenhuisen sê BKS word streng deur die Wet op Dieresiektes gereguleer.


Hy voeg by dat die departement verplig is om die wet na te kom.


Steenhuisen sê ook enigeen kan te enige tyd die howe nader, maar hy beskou hierdie regsoptrede as uiters betreurenswaardig.  


Die Vrystaatse Landbouvereniging sê in 'n verklaring op hul webtuiste hulle het saam met Saai en Sakeliga reeds vroeër die week van die staat vereis dat daar teen Vrydag skriftelik bevestig word dat veeboere privaat entstowwe kan verkry en toedien.


John Steenhuisen. FOTO: Facebook
John Steenhuisen. FOTO: Facebook


Comments


bottom of page