Steenhuisen tree uit die DA se leierskapswedloop
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die DA-leier, John Steenhuisen, het aangekondig dat hy uit die party se komende leierskapswedloop tree.
eNCA berig die aankondiging kom terwyl die party vir sy federale kongres voorberei.
Die kongres vind in April plaas, waartydens nuwe leiers verkies sal word. Steenhuisen het die party se suksesse onder sy leierskap uiteengesit, insluitend sy rol in die leiding van die Regering van Nasionale Eenheid.
Hy voeg by dat hy sy belofte nagekom het om die DA in ’n nasionale party te omskep, onder meer deur jong leiers binne die party te bemagtig.
Volgens Steenhuisen het hy sy missie in die party bereik.
Hy sê dit is nie die einde van die pad vir die DA nie, maar dat hy nou ’n ander missie het.







Comments