Steenhuisen veroordeel 'n e-pos vanuit sy kantoor as ‘swak maak’

Jun 10
1 min read
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê ’n omstrede e-pos wat glo uit sy kantoor se personeelkring gekom het, was in "swak smaak" en hy het reeds opdrag gegee dat die betrokke personeellid om verskoning moet vra.
Intussen eis die VF Plus nou ’n formele ondersoek oor die opmerking in die e-pos en die hantering daarvan binne die departement.
Netwerk24 berig die e-pos, wat wyd op sosiale media versprei is, is glo deur Steenhuisen se stafhoof, Jana le Roux, aan senior amptenare in die departement van landbou gestuur saam met korrespondensie van die landboubelangegroep FMD Watch SA.
In die boodskap is die aangehegte kommunikasie na bewering as “vir vermaak” of “net vir die grap” beskryf.









Comments