top of page

Steenhuisen vra vir 'n streeksgebaseerde benadering teen bek-en-klouseer

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 22
  • 1 min read

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, vra vir ʼn dringende streeksgebaseerde benadering van Suid-Afrika se siektebeheerstelsel te midde van die voortgesette uitbrekings van bek-en-klouseer in die land.

Hy het Maandag by die Bek-en-Klouseer Indaba buite Pretoria gesê ʼn landwye handelsverbod is nie aanvaarbaar vir streekgebonde uitbrekings nie. Provinsies soos die Vrystaat, Gauteng en KwaZulu-Natal is reeds geraak.

Steenhuisen het twee senior veeartse aangestel om ’n nasionale raamwerk te ontwikkel. Hy het ook vir sterker openbare-private vennootskappe gevra om entstofsekerheid te verbeter.

Steenhuisen waarsku dat die staat dit nie alleen kan dra nie, en roep die lewendehawebedryf op om saam in ’n nasionale entstofbank te belê.

 
 
 

Comments


bottom of page