Steenhuizen gaan Karan Beef-voerkraal besoek
- Armando Pieters

- Jun 23
- 1 min read
Die Minister van landbou, John Steenhuisen, en die Gautengse LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, Vuyiswa Ramokgopa, sal na verwagting die Karan Beef-voerkraal in Heidelberg in Gauteng besoek. Dit ná die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer.
Maroela Media berig die besoek sal afskop met ʼn inligtingsessie wat die provinsie se reaksie en ingrypings om die verspreiding van bek-en-klouseer te beperk, sal uiteensit.
In ooreenstemming met biosekerheidsprotokolle en om verdere verspreiding van die siekte te beperk, sal toegang tot die perseel streng beperk word.
Daarna volg ʼn begeleide inspeksie van die geriewe en ʼn evaluering ter plaatse wat ʼn ontleding van die geraakte gebiede insluit.
LEES MEER:
Karan Beef is die land se grootste verskaffer van beesvleis.
Bek-en-klouseer is drie weke gelede hier bevestig, ondanks die maatskappy se streng nakoming van alle biosekerheidsmaatreëls.





Comments