top of page

Steenhuizen is in die sop oor sy DA-kredietkaart

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 24, 2025
  • 1 min read

Die DA-leier, John Steenhuisen, word daarvan beskuldig dat hy sy amptelike kredietkaart van die party misbruik het deur onder meer wegneemetes daarmee te koop.


Die drama rondom Steenhuisen, wat as minister van landbou in die regering van nasionale eenheid dien, se persoonlike finansies spruit uit ’n onthulling dat hy ses maande gelede voor die hof gedaag is oor R150 000 se uitstaande skuld op sy persoonlike kredietkaart. Nou is hy ook in die spervuur oor sy DA-kredietkaart.


Netwerk24 berig die federale voorsitter van die DA se geldsake, Dion George, beweer Steenhuizen se DA-kredietkaart is gestop omdat daar transaksies aangegaan is wat nie vir partydoeleindes was nie. Steenhuisen beweer intussen George is net “swartgallig” omdat hy onlangs as minister verwyder is en die DA gevra het dat hy deur Willie Aucamp vervang word.


Hy het George nou uitgedaag om bewyse aan die party te oorhandig dat hy sy kredietkaart misbruik het.


Sedert George se verwydering het ’n hewige moddergooiery in die DA losgebars.


Dion George. FOTO: Netwerk24
Dion George. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page