Steers is in die sop oor personeel tuinwerk moes doen
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 23
- 1 min read
'n Steers-kitskosrestaurant in Menlo Park in Pretoria is in die sop nadat 'n video op sosiale media versprei is waarin restaurantpersoneel in hul uniforms gesien is waar hulle tuinwerk buite die restaurant doen.
Business Tech berig 'n lid van die publiek het die video gemaak terwyl hy die restaurantbestuurder konfronteer, en die besigheid daarvan beskuldig dat hy sy werknemers misbruik deur hulle take te laat doen wat buite hul werksbestek val. Die man het die tuingereedskap, insluitend vurke en tuinskêre, van die werkers af geneem en dit in die straat gegooi.
Ná 'n ondersoek het Steers gesê die eienaar van die perseel het glo versuim om onderhoud te laat doen ná die feesseisoen, en het die betrokke restaurant toe sy personeel gevra om in te spring.
Die maatskappy erken wel dat die besluit onvanpas en onaanvaarbaar was, en sê dit is nie standaard praktyk by Steers nie.







Comments