top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Stellenbosch se botaniese tuine vier 'n spesiale verjaardag

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 23
  • 1 min read

Die wêreld se oudste welwitschia het sopas 100 jaar oud geword. Dié spesiale dag is by die Stellenbosch Universiteit se botaniese tuine gevier.


Good Things Guy berig talle mense het kaartjies aan die vroulike welwitschia gestuur, en sy het selfs 'n verjaardagkoek gekry.


Mirabel, soos sy genoem is, is in 1926 deur die tuine se eerste opsigter, Hans Herre, geplant. Wetenskaplikes beskryf die plantspesie as 'n "lewende fossiel" aangesien dit meer as 100 miljoen jaar oud is.


Die welwitschia is die plant enigste ter wêreld wat net twee blare in sy leeftyd het, en die blare hou nooit op groei nie. Die welwitschia kan ouer as 1 000 jaar word en sy blare kan tot 150 meter groei.


Mirabel en haar verjaardagkoek. FOTO: Facebook
Mirabel en haar verjaardagkoek. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page