Sterker optrede teen 'mediese xenofobie' word gevra
- Armando Pieters

- Sep 9
- 1 min read
Burgerorganisasies doen ‘n beroep op sterker optrede van die regering teen wat hulle as mediese xenofobie beskryf. Dit kom ná herhaalde voorvalle waarin buitelandse burgers geïntimideer of met geweld verhoed is om toegang tot openbare gesondheidsorgfasiliteite te verkry. Operasie Dudula en verwante groepe beweer dat ongedokumenteerde migrante verantwoordelik is vir die oorbelaste fasiliteite. Die voorsitter van die Treatment Action Campaign waarsku dat die aanvalle al te lank voortduur.





Comments