Steve Hofmeyr tref ‘n ‘krater’ in die Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
Die sanger Steve Hofmeyr het twee bande gebars nadat hy ‘n slaggat op die berigte R103-pad tussen Vrede en Warden in die Vrystaat getref het.
Netwerk24 berig Hofmeyr was op pad na Bloemfontein nadat hy die vorige aand in Vrede opgetree het.
Hy het later die mense wat hom met die ‘lastigheidjie’ gehelp het bedank.
Die pad is reeds jare lank onder motoriste bekend vir sy swak toestand en talle slaggate, en was ook al die toneel van verskeie ernstige ongelukke.
In 2021 is drie mense dood in 'n botsing tussen 'n skoolbus en 'n vragmotor. Volgens berigte is die ongeluk moontlik deur 'n slaggat veroorsaak nadat die bus se band gebars het.
Nog 'n vragmotor het in 2022 na bewering weens slaggate van 'n brug af gery en in 'n spruit beland.








Comments