Steyners verwelkom hul eerste kalwers
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Hoërskool President Steyn buite Bloemfontein het - as deel van die skool se uitbreiding in landbou-onderrig - hul eerste tien kalwers ontvang.
Netwerk24 berig die skool in Waterbron wil uiteindelik die eerste landbougerigte skool in die Bloemfontein-omgewing word.
Landboustudies is reeds vanjaar deel van die graad 8-leerders se vakke, terwyl die program volgende jaar verder uitgebrei sal word.
Die skool bied reeds landboutegnologie vir hoër grade aan en beplan om ook landboubestuurspraktyke in te faseer.
Volgens die skoolhoof, Derrick de Clerk, sal die landboufokus nuwe geleenthede vir leerders skep en moontlik ook meer leerlinge na die skool lok.
Die gemeenskap het intussen reeds begin help deur toerusting en ander ondersteuning aan die projek te skenk.








Comments