top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Stilstandaksie ontwrig onderwys in die Mangaung-metro

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 minutes ago
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Onderwys het kommer uitgespreek oor die ontwrigting van onderrig en leer ná die stilstandaksie in dele van die Manguang Metro.


Volgens SABC News sê die departement dat hoewel gemeenskappe die reg het om wettig te betoog, skole en leerlinge beskerm moet word.


Die departement sê leerderbywoning het by sekere skole tot net 13% gedaal, met sowat 5 000 van die 38 000 ingeskrewe leerlinge wat klasse bygewoon het.

Onderwyserbywoning het egter op 69% gestaan.


In Botshabelo het leerderbywoning egter 63% bereik, terwyl 81% van onderwysers vir diens aangemeld het.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page