top of page

Stoei-legende Hulk Hogan is oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 24, 2025
  • 1 min read

Die legendariese professionele stoeier, Hulk Hogan, is in die ouderdom van 71 oorlede. Maroela Media berig Hogan is in sy huis in Florida aangetref, nadat hy glo ʼn hartaanval gehad het. Hy is later in die hospitaal dood verklaar. Die lang man met die bandana en die ikoniese blonde snor was vir baie aanhangers meer as net ʼn stoeier – hy was ʼn kultuurikoon en vir miljoene ʼn held. Die World Wrestling Entertainment (WWE) het in ʼn verklaring gesê Hogan was een van die popkultuur se mees herkenbare gure, end at hy  ʼn sentrale rol gespeel het om WWE gedurende die 1980’s wêreldwye erkenning te gee.

 
 
 

Comments


bottom of page