top of page

Strandgangers moet op die uitkyk te wees vir ‘n springgety

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Strandgangers is gewaarsku om versigtig te wees tydens hierdie naweek se nuwemaan-springgety.


Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê die springgety sal Saterdag ‘n hoogtepunt bereik.


Dit sal die getytoestande oor die naweek aansienlik beïnvloed. Die nuwemaan-springgety is ‘n natuurlike verskynsel wat voorkom wanneer die son, maan en die Aarde tydens die nuwemaanfase in lyn is.


Die NSRI se Andrew Ingram sê strandgangers moet kusaktiwiteite verantwoordelik geniet.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page