Strenger kripto-reëls kan verskuiwing van die Rand dryf
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 49 minutes ago
- 1 min read
Die ekonoom Dawie Roodt waarsku dat Suid-Afrika mense van die rand kan wegstoot as valutabeheer nie aangepas word nie.
Roodt het aan BizNews gesê die Nasionale Tesourie se voorgestelde nuwe regulasies oor kripto-bates kan uitdagings skep vir gebruikers van digitale geldeenhede.
Die regulasies sluit onder meer verpligte verklarings en beperkings op sekere kripto-transaksies in.
Volgens Roodt maak blokkettingtegnologie oorgrens-transaksies makliker en gee dit mense groter beheer oor hul geld.
Hy meen pogings om kripto-geldeenhede soos tradisionele bates te reguleer, kan moeilik wees om af te dwing.








Comments