top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Strenger optrede teen onwettige immigrasie word gevra

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 1
  • 1 min read

Organiseerders van die optog teen onwettige immigrasie in Bloemfontein het 'n memorandum aan die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, oorhandig.


Daarin vra hulle dat die regering sy optrede teen onwettige immigrasie verskerp.


Volgens inligting wat deur die Vrystaatse Provinsiale Regering gedeel is, vra hulle onder meer vir strenger grensbeheer, 'n hersiening van die vlugtelingbeleid, leefstyloudits vir amptenare van die Departement van Binnelandse Sake en groter ekonomiese geleenthede vir plaaslike gemeenskappe.


Die premier het die organiseerders geloof vir die vreedsame verloop van Dinsdag se optog en gesê wetstoepassingsoperasies in die provinsie sal voortgaan.


Sy het gemeenskappe ook versoek om nie geriefshuwelike met onwettige buitelanders aan te gaan nie.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page