Studente maak skoonskip by die EDHE Intervarsity streeksronde in Bloem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 12
- 1 min read
Die Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) het weereens hul reputasie as streekleiers in studente-entrepreneurskap bevestig. Dit deur skoonskip te maak by die 2025 Entrepreneurskapontwikkeling in hoër onderwys (EDHE) se Intervarsity Sentrale Streeksrondte. Luidens 'n mediaverklaring is die streeksrondte onlangs op SUT se Bloemfontein-kampus by die i-Gym gehou. Na soortgelyke oorwinnings in 2020 en 2024, het SUT se studente-entrepreneurs die kompetisie oorheers en die eerste plek in al drie kategorieë verower. Die drie wenstudente, Basetsana Tsubane, Kabelo Makhetha en Kingsley Masemola, het nie net individuele uitnemendheid getoon nie, maar ook die kollektiewe krag en innovasie wat steeds SUT se entrepreneuriese gees definieer. Die drie wenners sal die Sentrale Streek later vanjaar by die EDHE Intervarsity Nasionale Eindstryd verteenwoordig.





Comments