top of page

Studente word op waarskuwing vrygelaat

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 14
  • 1 min read

Manstudente wat die naweek in hegtenis geneem is vir die die gooi van ‘n petrolbom na ‘n sekuriteitswagkamer op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus, het in die stad se landdroshof verskyn.


Die ses studente is op waarskuwing vrygelaat, en sal volgens polisiewoordvoerder Lt Col Thabo Covane saam met die nege studente wat vroeër in hegtenis geneem is, weer op 4 November in die hof veskyn.  


Die ses staan tereg op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging en poging tot brandstigting, terwyl die ander in hegtenis geneem is vir openbare geweld.  


Intussen berig SABC News dat alle akademiese aktiwiteite by die universiteit se hoofkampus gestaak is.


Dit te midde van voortdurende protesoptogte deur studente oor die kansellasie van voorlopige registrasie.


Die studente sê hulle sal voortgaan met wat hulle vreedsame protesoptogte noem totdat die Universiteit hul besluit omkeer.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News


Comments


bottom of page