top of page

Studies toon die dollar kos te veel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 16
  • 1 min read

Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), Lesetja Kganyago, sê die rand is onderwaardeer, met studies wat toon dit moet teen ongeveer R7 teenoor die dollar verhandel.


Business Tech berig Kganyago sê die rand het die afgelope twee dekades gedepresieer. Hy het die Mundell-Fleming-raamwerk aangehaal, wat sê dat geld-eenheid-depresiasie tot groei behoort te lei, maar hy sê die rand – en die ekonomie – het verswak.


Hy voeg by in die laat jare 2000 was dit diwels gesê dat Suid-Afrika se werklike handelswaarde te sterk en veranderlik is. Hierdie aanduider is egter sedertdien baie swakker en minder veranderlik.


Die Wêreldbank het aangedui dat die rand verlede jaar teen R7,40 teen die dollar moes verhandel, terwyl die werklike koers R18,30 teenoor die dollar was.


FOTO: Wix
FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page