Stygende kostes lei tot ‘n toename in nagemaakte medisyne
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 27, 2025
- 1 min read
Die stygende koste van gesondheidsorg en 'n gespanne openbare gesondheidstelsel het gelei tot 'n toename in nagemaakte medisyne. Volgens Primedia voldoen hierdie medisyne nie aan die standaard van geregistreerde medisyne nie en kan uiters gevaarlik wees. In sommige gevalle kan dit selfs dodelik wees. Hierdie nagemaakte medisyne het soms glad geen aktiewe bestanddeel nie, wat beteken dat dit niks sal doen om 'n persoon se siekte te behandel nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie skat dat tot 10% van medisyne wat in lae- en middelinkomstelande gevind word, nagemaakte medisyne is, en wanneer dit in omloop is kan dit uiters moeilik wees om dit op te spoor.






Comments