Subsidies word glo steeds aan oorledenes betaal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 23
- 1 min read
Bykans R24 miljoen in subsidies is in die Moqhaka-munisipaliteit in die Vrystaat aan persone wat reeds dood is betaal.
Die woordvoerder van die Moqhaka-munisipaliteit, Deace Kwesa, sê aan Netwerk24 dit is nie die enigste Vrystaatse munisipalteit waar dit gebeur nie.
Kwesa sê dat munisipaliteite nie bewus sal wees van ’n aansoeker se dood totdat die familie dit nie by die munisipaliteit aanmeld nie. Hy sê voorts die munisipaliteit mag ook kinder-huishoudings subsideer terwyl die oorledene se identiteitsnommer steeds op die munisipaliteit se databasis weerspieël.
Kwesa verduidelik die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (AGSA) het identiteitsnommers van rekeninghouers gebruik om hul status te verifieer, en het bewys dat die gesubsidieerdes wel oorlede is. Hy sê egter dit beteken nie dat toelaegeld opsetlik so bestee is nie.







Comments