Suid-Afrika belowe miljoene om dodelike siektes te bestry
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 24, 2025
- 1 min read
Verskeie nasies het meer as R190 miljard ingesamel vir die Globale Fonds om M.I.V/Vigs, Tuberkulose en Malaria te bestry, met R625 miljoen wat uit Suid-Afrika kom.
Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het sy waardering uitgespreek aan alle belanghebbendes wat betrokke was by die Agtste Globale Fonds-aanvullingsberaad.
Die beraad was deel van die G20 wat die naweek gehou is, en volg op die Verenigde State se onttrekking van Pepfar-befondsing vroeër vanjaar.
‘n Woordvoerder van die Nasionale Departement van Gesondheid, Foster Mohale, sê die minister beklemtoon die belangrikheid van verhoogde binnelandse finansiering en gesondheidsoewereiniteit.
Foster Mohale







Comments