Suid-Afrika berei voor vir die Investing in African Mining Indaba
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Suid-Afrika berei voor om die Investing in African Mining Indaba by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum in die Wes-Kaap aan te bied.
Die indaba, wat op die belangrikheid van vennootskappe sal fokus, is geskeduleer om Sondag af te skop en komende Donderdag af te sluit.
Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, sal Dinsdag die amptelike openingsrede lewer.
Sy departement en sy entiteite beoog om die indaba te gebruik om beleggersvertroue in Suid-Afrika se mynbousektor te herstel en te versterk.
Leiers, rolspelers in die bedryf en beleggers sal by die geleentheid bymekaarkom om die ontwikkeling van Afrika se minerale hulpbronne te bespreek te midde van wêreldwye geopolitieke onsekerheid.







Comments