‘Suid-Afrika het ‘n onderwyskrisis’
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Volgens Bosa het Suid-Afrika ‘n onderwyskrisis, en het ‘n e-pos-hulplyn vir skoleklagtes bekendgestel.
Hulle hoop om klagtes wat met onderwys verband hou in te samel en aan die minister van basiese onderwys voor te lê.
Die party is van mening dat indien Suid-Afrika die land se onderwysuitdagings wil aanspreek daar ‘n onafhanklike onderwysombudsman aangestel moet word.
Bosa-woordvoerder, Roger Solomons, voeg by Suid-Afrika moet ook die huidige 30%-slaagsyfer hersien.
Roger Solomons







Comments