top of page

Suid-Afrika is die eerste land in Afrika om 'n baanbreker-MIV-inspuiting goed te keur

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 27
  • 1 min read

Suid-Afrika het die eerste land in Afrika, en slegs die derde wêreldwyd, geword wat die baanbrekende MIV-inspuiting, Lenacapavir, geregistreer het.


Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad, Sahpra, het die middel op 21 Oktober goedgekeur.


Die departement van gesondheid beplan om dit vroeg volgende jaar bekend te stel, met dosisse vir meer as 400 000 mense wat deur die Global Fund verskaf word.


Die departement se Foster Mohale sê kliniese proewe het bevind dat die middel hoogs effektief is in die stryd teen MIV / Vigs.


LUISTER:



FOTO: BBC
FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page