top of page

Suid-Afrika is in diep finansiële moeilikheid

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 3
  • 1 min read

Die hoofekonoom van Efficient Group, Dawie Roodt, waarsku dat Suid-Afrika in diep finansiële moeilikheid is. Hy sê dit is as gevolg van oorbesteding en kommerwekkende skuldvlakke. Business Tech berig dat gekonsolideerde staatsbesteding teen ‘n jaarlikse gemiddelde van 5.6% toeneem, van R2.4 triljoen in 2024/25 tot R2.8 triljoen in 2027/28. Roodt het gewaarsku dat stygende skuld en oormatige staatsbesteding beteken dat die land op ‘n finansiële ramp afstuur.

 
 
 

Comments


bottom of page