Suid-Afrika is ‘n bron vir menshandel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 31, 2025
- 1 min read
As gevolg van sosio-ekonomiese kwessies het Suid-Afrika een van die bronlande vir mensehandel geword. Dit volgens die adjunkminister van Vroue en Jeug, Steve Letsike, wat Woensdag ‘n boodskap van ondersteuning ter herdenking van Wêrelddag teen Menshandel gelewer het. Volgens die Verenigde Nasies se 2024-wêreldverslag oor menshandel is meer as 200 000 slagoffers amptelik wêreldwyd tussen 2020 en 2023 opgespoor. Vroue en meisies bly die meerderheid van die slagoffers, met menshandel vir seksuele uitbuiting as die algemeenste tipe. Letsike voeg by baie kwesbare Suid-Afrikaners word in die buiteland onder die valse belofte van werk of onderwys verhandel.






Comments