top of page

Suid-Afrika is nie toegerus om kuberaanvalle af te weer nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 17
  • 1 min read

Meer as 100 000 kuberaanvalle op bankrekeninge is verlede jaar volgens syfers van die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum aangemeld. Tog is daar volgens polisiestatistieke slegs 544 voorvalle van kuberverwante bedrog aangeteken.

Dit volgens ʼn DA-LP en die party se woordvoerder oor justisie en grondwetlike ontwikkeling, Glynnis Breytenbach.

Die aanvalle het tot ʼn gesamentlike verlies van R1,8 miljard vir individue gelei en verteenwoordig ʼn toename van 86% in dié soort aanvalle.

Maroela Media berig Breytenbach sê die verskil tussen die getal sake wat die polisie ondersoek in teenstelling met die getal aanvalle wat byna verdubbel het, dui op ʼn ooglopende probleem. Sy sê dit beklemtoon weer eens die feit dat Suid-Afrika geteiken word juis weens die onvoldoende strukture om hierdie kwessie te takel.

Sy sê namate kuberaanvalle op die land en sy instellings daagliks toeneem, en die koste daaraan verbonde steeds styg, is wetgewing iets wat ernstig oorweeg moet word.

 
 
 

Comments


bottom of page