top of page

Suid-Afrika is nog nie vry van armoede nie

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 5
  • 1 min read

Suid-Afrika het nog ‘n lang pad om te gaan na finale vryheid van armoede, ongelykheid en hoë werkloosheid onder die jeug.


Dit is volgens die minister van samewerkende regering en tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa.


Hy het die opmerkings by die afsluiting van ‘n tweedaagse Plaaslike Regering Indaba gemaak.


Meer as ‘n 1000 afgevaardigdes het die byeenkoms bygewoon om tasbare oplossings vir uitdagings wat munisipaliteite raak te vind.


Hlabisa sê kwessies soos droë krane, onveilige drinkwater, slaggate, onbetroubare kragtoevoer en swak infrastruktuur moet uitgeroei word.


Velenkosini Hlabisa. FOTO: The Witness
Velenkosini Hlabisa. FOTO: The Witness





Comments


bottom of page